Sokkies

Sokkies

Die sokkies wat gehou word by Volkies is nie sommer amateurs wat gedink het hul ken bewegings nie; dis 'n jol wat ieder en elk geniet!

Daar word deur die jaar vir leerders sokkies aangebied en die geleentheid is gewoonlik op die eerste dag van 'n nuwe kwartaal.Noem die danse op en dit is daar: sakkie-sakkie, pop, jazz, rock en rave…en moet nie die eetgoed vergeet wat gewoonlik te koop aangebied word nie.

'n Besondere sokkie-geleentheid is die Valentynsbal wat elke jaar deur een van die koshuise aangebied word.

Alle sokkie-geleenthede word gereserveer vir Volkie-leerders.

Geen persoon van buite of leerders van anders skole mag dit bywoon nie en verskeie personeellede hou toesig sodat ouers hul kinders met 'n geruste hart by die geleenthede kan aflaai.