Skyfskiet

Skyfskiet

Volkskool bied sedert 2009 skyfskiet as skolesport aan. Het aanvanklik met 2 skuts begin en het vanjaar reeds 13 skuts.

Skyfskiet is 'n luggeweer sport.Ander as die meeste ander sportsoorte ding die skut teen homself mee. D.w.s geen spanmaat wat bydrae tot sukses nie. Ons skiet met beide gewere en pistole. Vir die afgelope 6 jaar bereik nie minder as 5 skuts die NW span wat na die SA's gestuur word. Jong skuts van so klein as 9 jaar skiet vir Volkskool.

Onlangse prestasies. Erwee Moster en Paul van Bosch, beide 15 jaar oud behaal sover die jaar 1ste en 2de plekke vir o/21 vrystaande pistole.

Ons oefen in die skoolsaal wat ook met ander skoolaktiwiteite gedeel moet word.