Skool Fasiliteite

Skool Fasiliteite

Die skool beskik oor die infrastruktuur om 1200 leerders met gemak te akkommodeer. Vanweë die grootte van die skool en skoolterrein, is instandhouding 'n deurlopende taak.

​Die reaksie van besoekers op die pragtige geboue en die algemene versorging van die skoolterrein, laat elke Volkie-hart warm klop en is 'n motivering om nog meer moeite te doen.

​Die Arend (gebou) is die sport- en kultuurkompleks van die skool. Die kompleks beskik oor ‘n volledig toegeruste kombuis, badkamers, kleedkamers en 'n groot lokaal waar funksies gehou kan word.

Die skool beskik oor 'n hele aantal sportvelde. Verskeie van die sportvelde beskik oor spreiligte vir aandwedstryde.

Provinsiale netbaltoernooie word gereeld op die netbalbane van Hoër Volkskool aangebied. Die skool beskik oor tien weervaste bane. Selfs die Universiteit maak gebruik van hierdie fasiliteit van die skool.

Hoër Volkskool is in die bevoorregte posisie om oor 'n volledige toegeruste gimnasium te beskik. Leerders kan aansluit vir 'n jaar teen 'n bedrag van R30 per maand. Die gimnasium, Sportarena, is oop vanaf 05:00 tot en met 21:00. Lede van die publiek kan ook aansluit. Die gimnasium is geprivatiseer en 'n finansiële inisiatief van die skool. Belangstellendes kan die volgende nommer skakel: 018-2932969

6 tennisbane, 4 onder spreiligte.

Kleedkamers en onthaalgeriewe is ook beskikbaar by die hokkie- en krieketvelde (aan die agterkant van die skool geleë). 'n Toegeruste noodhulpkamer word tydens sportgeleenthede deur opgeleide personeellede beman.

Toegeruste ouditorium met 100 gemaklike stoele.

3 rekenaarsentrums.​

'n Restaurant waar die Hotelhoudingleerders gaste met smaaklike geregte verras.

​Dataprojektors en internetkoppelling is in die meeste klaskamers geïnstalleer.

​'n Leessentrum, bedryf deur Tina Cowley, is op die terrein; leerders/hul ouers is self verantwoordelik vir die onkoste van die kursus.