Skaak

Skaak

Volkies se skaakspelers word speel-speel slimmer!

Skaak word vereenselwig met ‘n helder verstand, begaafde individue, briljante besluitnemers en uitstaande strategiese denkers!

Navorsing het onomwonde bewys dat die sportsoort: skaak, ‘n definitiewe invloed op goeie akademiese prestasie, ‘n goeie geheue en beter konsentrasie  vermoë het.

By Volkies word die geleentheid vir meer Volkies geskep om hierdie slim spelaante leer. Ons bied jaarliks ‘n beginnerskaak kursusse aan. Suksesvolle leerders verwerf ‘n sertifikaat. Vir verdere blootstelling en as ‘n lekker uitdaging vir junior skaakspelers, hou Volkies jaarliks ‘n Junior Skaaktoernooi vir Graad 6, 7 en 8-leerders waar oulike pryse gewen kan word.

Die doel is om aan skaakspelers,wat nie in die ligaspanne speel nie, die geleentheid vir deelname te gee.

Verder bied Volkies jaarliks van die Noordwes Skaaktoernooie suksesvol aan.

Skaak floreer by Volkies! - Juff Joan de Villiers en Elise Swart

Vier Volkieleerders het Noordweskleure verwerf vir skaak: Janu Fouché, Dewald Human, Louise Frylinck, Heuwin Booysen