Rugby

Rugby

Organiseerder: Johan Herbst

Hoër Volkskool het ‘n trots en ‘n ryke rugbytradisie. Prestasies uit die verlede is ‘n goeie bewys hiervan. Die rugby het al in die verlede die Administrateursbeker 8 keer verower en die Super 12-skolereeks ingepalm. Die laaste Beeld-Trofee is in 2011 deur die eerste-span verower.

Die eerste-span was al 25 keer die Noordwes-Streekwenners. Dit is te verstane dat verskeie provinsiale spelers asook SA-skole spelers by die dosyne opgelewer is.

Die skool beskik oor uitstekende fasiliteite. Daar is 4 rugby-oefenvelde, ‘n modern gymnasium, genoegsame skrummasjiene, duiksakke, dryfsakke en A-rame. Elke rugbyspan het ‘n onderwyser as hoofafrigter wat bygestaan word deur hulpafrigters uit ouergeledere of student van die NWU PUK-rugbyinstituut. Daar is ook ‘n goed toegeruste ouditorium waar fout-ontleding gedoen word.

Die personeel word ook voordurend op kursusse gestuur om hulle te vergewis met die nuwe tegnieke en metodes. Dis juis omdat rugby ‘n erns is dat die oud Springbok, André Pretorius, ‘n rugby akademie nl. I-SKILLS, by Volkskool bedryf. Die huidige Craven-week afrigter, Chris Erasmus, is deel van André se span. Die seuns gaan ook gereeld op toer om hulle beter te bekwaam vir die seisoen wat voorlê.

In die huidige 0/16A span speel oud Blou-Bul en Springbok, Jannie Claassen, se seun ook senter vir Volkskool.

Vir ‘n Volkie rugby-speler gaan dit altyd oor VOLKIE-GUTS!