Netbal

Netbal

Die skool beskik oor 10 netbalbane. Ons bied gereeld van die grootste netbaltoernooie op skolevlak aan soos Noordvaal, SA-skole toernooi, Noordwesfinaal en die Coke toernooi. Daar is tussen 500 tot 800 spelers per toernooi. Volkies het veertien netbalspanne, 3 per ouderdomsgroep, wat almal gereeld kwalifiseer vir die Noordwesdag.

Afrigters is een van Volkie-netbal se sterkpunte; dis waarom die netbal so 'n groot sukses is. Die meeste afrigters is provinsiale afrigters wat gereeld die provinsiale spanne vergesel. Sommige afrigters is ook by senior netbal betrokke – afrigter van SA-Skolespan, asook hulpafrigter van SA O/21-span. Hierdie afrigters het ook topgraderings as skeidsregters.

Die spelers en afrigters woon jaarliks kursusse by om op hoogte te bly van die nuutste oefenmetodes en afrigtingsmetodes in netbal.

Volkies het 7x provinsiale afrigters en keurders.  Een afrigter het al 2x keer die SA-skolespan afgerig.  'n Ander afrigter was weer die hulpafrigter van die SA 0/21 span na die Wêreldtoernooi.

Die Volkie-netbalspelers geniet hulle netbal baie. Na skool speel hulle nogsteeds netbal en bereik puik prestasies.

Die afgelope 10 jaar het ons 10 netbalspelers in die O/17- en O/19-groep gehad wat in 'n nasionale span opgeneem is. Amanda Mynhardt is ook in die Proteaspan vanaf 2009, asook die Protea Netbalkaptein.

Netbal Coke-toernooi - Baie gesogte toernooi waaraan de beste 0/14 - 1e spanne van 6 provinsies kom deelneem.  Vanjaar bied ons die Coke-toernooi vir die 17e jaar aan.