Krieket

Krieket

OORSIG

Die spel van krieket klink nie net gekompliseerd nie, maar is inderdaad, ‘n baie moeilike en ingewikkelde spel om te speel. Dit is juis hierdie kompleksiteit wat die spel so aanloklik maak vir talle spelers regoor die wêreld.

Ook Volkies is al vir baie jare ernstig betrokke by hierdie unieke en uitdagende spel. Met groot sukses dra Volkies nog steeds die kroon as algehele kampioen van die Noordwes asook die Direkteurstrofee titels. Skole soos Afrikaans Hoër, Menlopark Hoër en Hugenote Springs is maar enkele skole wat al die knie moes buig in ‘n Direkteursfinaal teen Volkies.

Met ‘n uitmuntende 22 eienaarskappe van die Noordwes asook die Direkteurstrofee, kon nog geen ander skool in Noordwes, Gauteng, Mpumalanga of Limpopo hierdie rekord verbeter nie. Die naasbeste skool se poging strek nie eers oor die helfte van Volkies se 22 titels nie. Bekende spelers soos Louis Vorster en Arno Jacobs (Chevrolet Warriors) het onder die Volkies embleem bygedra tot hierdie sukses.

Dit is duidelik dat krieket by Volkies al vir baie jare ‘n ernstige saak is. En niks het verander nie. Volkies se missie om op hul ryk krieketgeskiedenis voort te bou en ‘n daadwerklike bydrae te lewer tot Suid-Afrikaanse krieket, bly onveranderd. Volkskool beskik tans oor drie turf krieketblaaie, speelvelde en agt sintetiese nette met beligting .

Met ‘n totaal van agt spanne wat elke jaar in die Noordwes-ligas deelneem, neem Volkies ook deel aan die jaarlikse Nasionale Standard Bank Pro 20 skoletoernooi.

Die 0/15 en 1ste spanne speel ook gedurende Februarie en Maart krieket teen verskeie skole in Johannesburg en Pretoria. Verskeie 0/13 provinsiale spelers het al hulle keuse uitgeoefen om hul krieketloopbaan by VOLKIES voort te sit.

Vir enige krieketspeler wat deel wil wees van ‘n ryk krieketkultuur en ernstig is oor sy krieket toekoms is.

VOLKIES KRIEKET AKADEMIE

Die Volkies krieketakademie bied aan elke krieketspeler ‘n afrigtingsillabus wat gefokus is op langtermyn spelerontwikkeling om ‘n speler in staat te stel om sy bes moontlike potensiaal te bereik.

Die afrigtingsillabus bestaan hoofsaaklik uit die volgende komponente:

Langtermyn spelerontwikkeling:
Fundamenteel - 9 jaar : bou algehele motoriese vaardighede
Leer om te oefen - 10 tot 11 jaar: leer alle fundamentele krieketvaardighede
Oefen om te oefen - 12 tot 13 jaar: bou die spelerkern en konsolideer spesifieke krieketvaardighede
Oefen om mee te ding - 14 tot 16 jaar: verfyn die spelerkern, -vaardighede en spelerprestasie
Oefen om te wen - 17 jaar+ maksimaliseer die spelerkern, -vaardighede en spelerprestasie