Hokkie Seuns

Hokkie Seuns

ORGANISEERDER: Mnr. Le Roux Kruger

Hoër Volkskool het onlangs begin om seunshokkie as 'n sport by die skool aan te bied. Leerders vanaf Gr.8 - 12 neem in verskillende ouderdomsgroepe aan hierdie spansport deel.

Dit leer 'n leerder om deel te wees van 'n span en saam met sy mede-spelers 'n sukses van hokkie te maak.

Seunshokkie is besig om vinnig in gewildheid toe te neem by die skool. Daar is tans 3 spanne ingeskryf in die Noord-Wes liga, wat bestaan uit 0/16, 0/18 en 0/18 gekombineerd. Verder speel die 0/16 en 0/18 in die PUK-reeks.

Die spanne ontvang hoë gehalte afrigting van NWU-PUK spelers en toer elke jaar tydens die April-reses. Hoër Volkskool seunshokkie strewe daarna om op kompiterende vlak 'n hoë gehalte spel te handhaaf, hul merk in die sportsoort te maak en Volkies se naam hoog te hou!

2018/2019 
Quick Sticks Academy raak betrokke by Volkies hokkie in Augustus 2018
Quick Sticks word aangebied deur 2 Protea hokkiespelers.  Celia Evans & Nicolene Terblanche

2018 
Volkies gradeer in Augustus hulle A-veld se ligte op en begin ‘n nuwe reeks genaamd:  Volkies Lentereeks word geloots waar hokkie in die aand gespeel word.

2018 – NW spelers

Wilne J v Vuuren

Mardi Swart

Kristi Potgieter

Moller vd Berg

Ruvan Pieters

2018 Toere

Ons dogters en seuns toer na verskeie plekke en 4 van ons spelers word in toerspanne na België opgeneem.

Ruvan Pieters (o.18)  Glenmari Beukes (o.18)  Zanelle Winter, Wilne Jv Vuuren (o.14)

Liga:

o.14 Seuns gaan deur na Noordvaal