By Volkies word toegewyde en doelgerigte afrigting aan hokkiespelers gegee.
Volkies skryf jaarliks ses junior- en drie senior spanne dogters en 2 senior seunsspanne vir die Noordwesliga in.
By Volkies is dit belangrik dat elke hokkiespeler die spel geniet, daarom word gereelde spanbouaksies gehou. Die A-hokkiespanne gaan ook jaarliks gedurende die April vakansie op 'n hokkietoer en woon hokkiekursusse by. Buiten die PUK-reeks en ligawedstryde word ook vriendskaplike wedstryde gereël.
Die seniorspelers neem aan die Puk se somerliga deel. Aan die einde van die hokkieseisoen kry elke hokkiespeler erkenning tydens die uithanggeleentheid van die jaar: die sportdinee!
Volkie-onderwysers wat hokkie afrig, lewer ook positiewe bydraes op die NW-sekondêre skoolbestuur en dien as afrigters en bestuurders van provinsiale spanne.
2018/2019
Quick Sticks Academy raak betrokke by Volkies hokkie in Augustus 2018
Quick Sticks word aangebied deur 2 Protea hokkiespelers. Celia Evans & Nicolene Terblanche
2018
Volkies gradeer in Augustus hulle A-veld se ligte op en begin ‘n nuwe reeks genaamd: Volkies Lentereeks word geloots waar hokkie in die aand gespeel word.
2018 – NW spelers
Wilne J v Vuuren
Mardi Swart
Kristi Potgieter
Moller vd Berg
Ruvan Pieters
2018 Toere
Ons dogters en seuns toer na verskeie plekke en 4 van ons spelers word in toerspanne na België opgeneem.
Ruvan Pieters (o.18) Glenmari Beukes (o.18) Zanelle Winter, Wilne Jv Vuuren (o.14)
Liga:
o.14 Seuns gaan deur na Noordvaal
ALGEMEEN | NUUS | KOSHUIS | OUD-VOLKIE | TOELATING | AKADEMIE | SPORT | KULTUUR | SOSIAAL |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Agtergrond | Jaarprogram | Ons Hoop | Kommunikasie | Geld Betaalbaar & Korting | Matrieks | Sport Uitslae | Tekkies | Mnr. & Mej. Volkie |
Beheerliggaam | Omsendbrief | Jack Pauw | Re-Unie | Skooldrag en Verskaffers | Bevorderingsvereistes | Atletiek & Landloop | Musiek | Slangkamp |
Fasiliteite | Toelatingsvereistes | Vakkeuses | Gholf | Redenaars | Sokkie | |||
Personeel | Toelatingvorm | Top 10 | Hokkie | Toneel | Volkie Dolkie | |||
Skoolbestuurder | Vrywaringsvorm | Eksameninligting | Krieket | |||||
Terreinplan | Netbal | |||||||
Visie & Missie | Rugby | |||||||
Tennis | ||||||||
Skaak | ||||||||
Skyfskiet | ||||||||
Muurbal | ||||||||
Seunshokkie | ||||||||
Bergfiets |
©Hoerskool Volkskool - this site Designed and Maintained by GSD Potch | The Web People . . .