Gholf

Gholf

Organiseerders: Mnre. Andries Huisamen en Chris Koch

Elke leerder by Hoër Volkskool kan homself uitleef op die gholfbaan. Potchefstroom het ʼn puik 18-putjiebaan wat binne stapafstand van die skool is. Daar is ook ʼn 9-putjiebaan by die Landboukollege wat nog nader en goedkoper is as die buiteklub.

Leerders word die geleentheid gebied om soveel as moontlik deel te neem. Ons speel vanaf Maartmaand elke Maandag 9 putjies wat dien as proewe sowel as oefening. Spelers neem deel in Ligaverband en vier spanne word ingeskryf.

Ons gaan jaarliks op ʼn toer tydens die Junie-/Julievakansie. Op hierdie toer speel ons van die top bane in die land wat onder andere insluit: Sun City, Lost City en Pecanwood. Ons het die afgelope jaar na die Suidkus toe getoer waar ons op Selbourn, Southbroom en Port Shepstone se bane gespeel het. Hierdie bane is almal onder die Top 25 bane in die land.

Spelers met ʼn voorgee van 10 en laer, kan deelneem aan die NW-gholfproewe. Daar is elke jaar drie geleenthede waar die leerders kan gaan speel. Na die derde proewegeleentheid word daar ʼn verteenwoordigende Noordwesspan aangekondig.

Oefentye:
Maandae: 14:30 te Potch Buiteklub