Cape Cricket Festival

Volkies se o.15- en 1ekrieketspanne het in die Paarl gaan deelneem aan die Cape Cricket Festival, waar hulle uitsonderlik goed gevaar het. Hulle het terug gekeer met indrukwekkende seges op hulle kerfstok. Daar was ook tyd vir oefen, spanbou, swem en pret. Ons sien uit na die seisoen wat voorlê!

Dr Kenneth Kaunda-merieteskaaktoernooi

Die eerste Dr Kenneth Kaunda-merieteskaaktoernooi vir 2022 het die afgelope naweek plaasgevind. Danica Jonker, graad 10, het ‘n derde plek in die ope-afdeling behaal.

Gasvryheid: Gr.12-prakties

Ons matrieks wat die vak Gasvryheidstudies neem, het die afgelope Vrydag en Saterdag reeds hulle eerste praktiese eksamen afgehandel.

Padstapkampioenskappe

Janise Nell en Marizel Meintjes het aan die SA-Padstapkampioenskappe in Youngsfield in die Wes-Kaap deelgeneem. Janise verower ‘n goue medalje in die 10 km stap vir vrouens o.20 en Marizel stap ook goud los in die 5km vir dogters o.17.

Interhuis

Op Vrydag 21 Januarie, is die onderskeiewennersenpresteerders wat tydensonsInterhuisatletiekuitgestaan het, aangekondig. OnsEeufeesinterhuis is gewendeur die Trojane. Senior Victor Ludorum: Reagan April; Senior Victrix Ludorum: Stephanie van der Merwe; Junior Victor Ludorum: Henre Nell; Junior Victrix Ludorum: Lea Verster.Die geesbekeris deur die Spartaneverower. Ons is dankbaar om terugtekyk op ‘n suksesvolleInterhuis, propvolprestasiesenmassadeelname!

Krieket: Finsbury vs Nelspruit (o.15)

Volkies se o.15- en 1ekrieketspanne het die afgelope naweek uitstekende oorwinnings teen Hoërskool Nelspruit in die Finsbury-reeks behaal. Ons eerstespan wen met 10 paaltjies en die o.15’s wen met 60 lopies.

PAWS-Projek

Ons hoofleiers, Yulanda Senekal en Hendrik Scholtz, het saam met ons graad 8’s, kos geskenk aan PAWS geskenk. Op die foto is hulle saam met Gary Swanepoel van PAWS. Baie dankie vir elke graad 8’s en ouer se bydrae gemaak ten bate van ons eerste gemeenskapsprojek van 2022.

XCO-Nasionale Wedloop

Ansunè Fourie, graad 12, het die afgelope naweek ‘n uitstekende tweede plek vewerf in die XCO-provinsiale wedloop, wat by Koedoeslaagte plaasgevind het. Hiermee is sy die eerste Noordwes-fietsryer in haar ouderdomsgroep.

Koekverkope: Verbruikerstudie

Die vak Verbruikerstudie se leerders en juffrou het pouse heerlike lekkernye verkoop! Ondersteun gerus in die toekoms weer hulle fondsinsamelings