Volkies se o.15- en 1ekrieketspanne het in die Paarl gaan deelneem aan die Cape Cricket Festival, waar hulle uitsonderlik goed gevaar het. Hulle het terug gekeer met indrukwekkende seges op hulle kerfstok. Daar was ook tyd vir oefen, spanbou, swem en pret. Ons sien uit na die seisoen wat voorlê!